Diep Seun

Ek was ‘n diep seun gewees.

Vol drome en gedagtes,
Vol idees oor die lewe,
Idees oor liefde…

Die wereld was my oester
En jy die perel daar binne.

Ja, ek was ‘n diep seun gewees.

Het gedink ek kon alles verander,
Het gedink ek kon jou verander,
As ek maar net kon…

Nou het die wereld my geleer,
Die lewe, die liefde het my geleer.

Ek was ‘n diep seun gewees,
Nou is ek ‘n diep man.

Die Ware JY

Die ware jy is nie die jy in die foto nie.

Die ware jy is die jy in jou woorde,
Die jy in jou gedagtes,
Wat geen foto kan vasvang nie.

Die ware jy skuil agter die foto,
Weg gesteek van die wereld af.

Maar al wat die wereld werklik sien is die foto.

En nie die woorde en gedagtes nie,
Nie die skel, skree, vloek, droom, lag en juig,
Wat alles in jou kop gebeur nie…